Om in 'n klein kombuisie sonder geriewe kos te maak vir so 'n klomp kinders wil gedoen wees. Vrydagaand was dit braaivleis en die kinders het dit omtrent geniet.
Hierdie ou het so tussen happies aan die tjoppie 'n uiltjie geknip :-). Let op die stoele rondom hom is almal leeg, hulle is al oppad saal toe.
Party van hulle moes eers 'n bietjie marshmallows braai voor die aandprogram. Ai tog julle weet wat suiker aan kinders doen.
Die groep was dus heeltemal vol lewe met die begin van die aandprogram en daar is lekker gesing en dans.
Die onderwerp wat Elriza met die groep gedoen het die aand was oor worship en die verskillende maniere waarop ons Hom kan worship. Die kinders het vir Vader prente geskilder, gediggies geskryf en geteken.
Ons het ook 'n beurt gekry om stil te raak en om Hom in gebed te worship. Dis op hierdie stadium dat ons braaivleis-eter nie meer sy oe kon oophou nie :-).
Hier is sommer net 'n paar foto's van maats wat sit en saamkuier het gedurende die aandprogram.
Na die aandprogram was dit slaaptyd, maar die tieners het ander planne gehad ...
No comments:
Post a Comment