Te vinnig het die laaste oggend van die kamp aangebreek.
Die meisies "pose" vir foto's asof hulle 'n goeie 8/10 slaap agter die blad het, maar later sou ons die teendeel uitvind.
Met die begin van ons finale les/program le hierdie manne nog in die tent en slaap. Natuurlik kan hulle nie skotvry daarvan afkom nie, en karoke hulle "popcorn" vir die kinders met waterbottel-mikrofone.
Vir oulaas word al die gunsteling liedjies op die kamp gesing. Kyk net bietjie na almal se gesigte.
Vyf van ons leiers op die kamp.
Deur die loop van die kamp het kinders in aanmerking gekom vir pryse. Een daarvan was vir "spontane goeie dade". Elriza oorhandig die pryse aan ons wenners .....
Jaco Oosthuizen seuns jonger groep.
Claudia de Beer dogters jonger groep.
Ricus van Eeden by ons ouer seuns.
Nelmari Holloway by ons ouer dogters.
Die kinders is deur die loop van die kamp deur mede-maats en groepleiers genomineer en waarvoor. Die pryse was joernale en cd's.
Daar was ook versies wat ons kinders moes leer deur die kamp en hier het 'n paar kinders gekwalifiseer. Elriza toets hulle en die wenners kry elkeen 'n nuwe Bybel.
No comments:
Post a Comment