Maar soos alle dinge loop die kamp ook ten einde en hier is sommer nog 'n paar ekstra foto'tjies vir die onthou.
Die ses snr tienerdogters en hulle groepleier Elriza (wie natuurlik die kortste van die klomp is).
Die kinders het die worship so geniet!
Daar is net "One way" ....
Die snr tieners se gees begin sterk inwerk op die jonger maats en die jnr tieners kom ook by ....
Mens sou kon dink die kamp was net vir hulle :-), maar ja ons wou dit vanjaar spesiaal vir ons 16+ jariges maak en hulle geesdrif het dit alles die moeite werd gemaak.
Wat sal hulle so uitbundig laat spring? Die einde van die kamp? Ek glo nie want daar word alreeds gepraat van nog kampe en reunies ....
Diep in denke oor wat presies die vorige aand gebeur het en wie daarvoor verantwoordelik kan wees ..... hmmm sien ons snr tienermeisies daar ver?
Ons kan ook spring soos die meisies. Die laaste foto voor ons op die bus klim.
Dankie ouers dat julle jul kinders vir ons "geleen" het die naweek, dankie jongmense vir julle wonderlike gees, dankie groepleiers vir julle toewyding en bereid wees om saam te kom kamp en dankie Hemelse Vader dat U teenwoordigheid op ons kamp so sigbaar was.
No comments:
Post a Comment