Na die kamp het ons nog 3 geleenthede gereel waar Elriza met die snr tieners kon kuier en hierdie keer rondom die onderwerp wat tieners in belangstel ~ romanse :-). Sy het bietjie van haarself en daarna vir die jongmense vertel watter wonderlike verhouding ons met God kan he en hoeveel avontuur daar is as ons wel so 'n verhouding het.
In Al Ain het die jongklomp heerlike sit en sing, na haar geluister en saamgepraat. Daar was ook na die tyd 'n geleentheid vir jongmense om met haar te praat.
In Abu Dhabi het die klomp 'n uur voor die tyd al begin sing terwyl die klankstelsel getoets word en hulle wou ook op die einde die koordans saam met Elriza doen. Daar is ernstig geluister en geesdriftig saamgepraat oor die onderwerp.
Natuurlik was die klomp van die kamp ook daar ...
In Dubai was dit dieselfde onderwerp en geesdrif tydens die worship. Elriza moes meer as een liedjie sing dat hulle kon luister.
Die klomp wat ook op die kamp was.
Dankie Elriza vir die manier waarmee jy met ons jongmense en "ou tannies" gepraat het, vir jou getuienis en voorbeeld. Dankie ook dat Vader deur jou met ons kosbare jongmense kan werk.
1 comment:
Hi Tannie Sandra, dankie vir al die fotos en die blog! Ouens Tannie Sandra het ook vir ons 'n facebook groep geskep, vir almal wat op die kamp was, maar almal wat by die praatjies was is ook welkom om saam te kom gesels. Hoop om julle gou weer te sien, julle is awesome!
liefde Elriza
Post a Comment