Monday, March 1, 2010

Wat dink ek van myself?

Na verlede week se kamp is ons terug vir ons Vrydagaand kindergroep.

Page1

Die maats sing geesdriftig aan die kampliedere en die kleintjies verkyk hulle aan ons ouer maats wat skielik met soveel geesdrif sing.

Page2

Die groei-goggas leer vanaand dat hulle ook kan bybelstudie doen al is hulle nog klein. Ons hoor dat ons elke dag moet bybelstudie doen en bid en die volgorde wat ons dit moet doen. (1) Eers moet ons bid en vir God vra om met ons te praat uit Sy Woord uit, (2) Daarna moet pappa of mamma vir ons ‘n stukkie lees uit die Bybel en dan verduidelik, (3) Dan dink en gesels ons bietjie daaroor en wat God vir jou wil se, (4) Ons bid dan weer om vir God dankie te se vir wat Hy ons geleer het en baie belangrik is (5) Ons moet doen wat God vir ons in die bybelstudie gese het. Elkeen kry ‘n joernaal om die week bybelstudie in te doen.

DSC_0018

Net drie meisies vanaand en daar word kopstukke gesels oor die lessie Lawwe IDees in my kop (oor myself). Daar word gesels oor die lawwe IDees wat ons soms oor onsself het, waar dit vandaan kom en hoe dit verskil van die IDees wat God oor ons het. Om ‘n gesonde IDee van jouself te he, is dit nodig om na jouself te kyk soos God ons sien. Hy is die Een wat jou gemaak het, Hy is die belangrikste persoon in die heelal en Sy IDees oor jou moet tel. Hy is mal oor jou!

No comments: