Friday, March 5, 2010

Sonde maak mens ongelukkig

Ons kleintjies wil vanaand die “Camel song” sing

Page1

Kyk net hoe beweeg hulle. TJ met die hand in die sak en Johan met die regte buiging :-). Die ander geniet ook om “’n Christen” te sing. Ek’s so trots op ons engelse maats wat so lekker saam met die Afrikaanse liedjies sing.

Page7

Die lessie vir die kleintjies gaan vanaand oor hoe sonde begin het. En met sirkeltjies doen ons ‘n lessie oor die skepping en hoe die slang vir Adam en Eva laat sonde doen het. Sonde maak mens baie ongelukkig, maar as ons vir God luister en vir Hom leef dan is ons gelukkig. Ons maak glimlag gesiggies en eet daarna lekker gesiggie donuts.

Page4

Ons middelgroepie se lessie gaan oor Growing Godly Friends. Ons hoor dat daar vier soorte vriende is en dat ons vriende moet kies wat vir God volg. Al die ander sal daar altyd wees, maar ons moet leer om die regte een te kies.

Page9

Hulle maak ‘n kruis met vriende wat wys dat hulle maatjies moet kies wat Glo in en leef vir God.

Page3

Die senior groep is vol glimlaggies vandag want hulle kry vandag kans om ‘n skaalmodel van die tabernakel te maak. Daar is niks seuns vanaand nie en die meisies, bestudeer die aanwysings baie goed voordat hulle begin.

Page8

Kyk net die fyn detail terwyl hulle die heining bou. Ons sien uit daarna om die eindproduk te sien. Die maats het soveel van die Tabernakel geleer die afgelope paar weke.

No comments: