Ons is nie baie maats vanaand nie, maar daar word lekker gesing en geworship.
Ons gaan voort met ons lessies oor sonde en vanaand hoor ons wat sonde is en wat die gevolge daarvan is. Ons leer ook dat ons Jesus kan vra om ons sonde weg te neem. Die maats kry ‘n prentjie-probleem waar hulle moet wys wat is die regte manier om met goed te deel en hoe om teenoor ander op te tree. Hulle vertel die oulikste stories, maar kyk net daai ondeunde laggie vir ietsie wat TJ met homself deel.
Hierdie week begin die middelgroepe met ‘n paar lessies oor God se Plan vir ons en die eerste een gaan oor God se plan vir die wereld. Tannie Heleen het nie ‘n leiband om die kinders vas te maak nie, maar om te verduidelik God vir ons vryheid gee maar ook reels sodat Hy ons kan beskerm. Ons kyk na wereldkaarte en leer dat God wil he dat almal orals in die wereld van Hom moet leer en van Hom moet hoor.
Die seuns is vanaand by terwyl die afronding aan die Tabernakel gemaak word. Selfs die diere word mooi geverf en dan na ‘n klompie weke is die boekie ook nou klaar en het ons reis deur die woestyn met die Tabernakel tot ‘n einde gekom.
No comments:
Post a Comment