Monday, March 29, 2010

Ons moet te alle tye aan God getrou wees

Page1

Daar word lekker saamgesing veral toe “Vader Abraham” gesing word :-). Ons “jong volwassenes” neem hier die leiding om die kleintjies te wys hoe dit gesing moet word.

Page2

Die groei-goggas leer weer oor Daniel in die leeukuil en veral oor die versie Jak 5:16 “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking”. Ons maak leeu-maskers.

Page3

Hulle doen vanaand die les oor lawwe dubbele IDees en dit gaan om hulle te laat besef dat dit belangrik is om getrou te bly aan hulle IDentiteit in Jesus – maak nie saak in wie se geselskap hulle is nie. Dan doen hulle ook ‘n blokkiesraaisel in hulle ID boekie oor Matt 10:32.

DSC_0025

Ons “volwassenes” doen hulle lessie sommer buite op die gras terwyl die weer dit nog toelaat.

No comments: