Nog twee nuwe maatjies sluit vanaand by ons aan.
Ons maats sing heerlik saam aan al die liedjies. Selfs ons tieners wys dat dit nie saak maak of dit ‘n liedjie vir ‘n kleuter of tiener is nie, dis of ons dit uit ons hart sing.
Ons lessie gaan oor God antwoord Altyd as ek bid en dat Nee en Wag ook ‘n antwoord is. Ons luister na ‘n storie van ‘n sendeling wat as kleuter so graag blou oe wou he, maar hoe God later haar bruin oe vir Sy werk gebruik het. Daarna maak die maats ‘n verkeerslig van eetgoed. Liam het nie verniet so ‘n glimlag op sy gesig nie, hy het so pas my Rooi (Nee), Oranje (Wag) en Groen (Ja) lekkertjies opgeeet :-)
Ons ouer maats se lessie is vanaand Moenie laf wees nie! ID jou vriende reg en hulle gesels en hoor dat ons ons vriende moet kies wat by hulle ID in Jesus pas. Hulle lees oor wat die Bybel van Slegte vriende, Mooiweersvriende en Goeie vriende se. Belangrik is om vriende te kies wat ook vriende van Jesus is.
No comments:
Post a Comment