Met van die skole wat lyk my nog vakansie het, is ons hierdie week 'n klein groepie wat bymekaar kom.
Nogtans word daar lekker saamgesing.
TJ is vanaand al van die jongmaats wat hier is en ons doen die lessie van die blinde man, Bartimeus wat geweet het Jesus is die enigste een wat hom kan help. Ons maak ook maskertjies sodat ons ogies ook kan oopgaan en ons kan weet dat Jesus die enigste Een is wat ons sonde-probleem kan wegneem en sodat ons kan kies om in Hom te glo.
Die middelgroep doen les 2 oor God se plan vir ons en ons leer dat God weet wat die eindprentjie is en ons moet Hom te alle tye vertrou. As aktiwiteit kyk ons na die plan van 'n huis en bou dit dan om die eindprentjie te sien. (Tannie Heleen het die oulikste huisie met afdak en allerhande goetertjies gebou :-), maar ons sal dit liewers nie wys nie).
Ons ouer groepie begin vanaand die kort studie "How to make Good Friends" en die les gaan oor "My best friend, Jesus". ons leer ook dat ons beste vriend Jesus ook ons Skepper (Kol 1:15-17), Verlosser (Joh 4:14), Meester (Luk 17:12-14) en Vriend (Joh 15:14-15) is.
No comments:
Post a Comment