Die Vrydagaandgroep begin ook weer na die skoolvakansie.
Elriza leer vanaand vir die klomp 'n nuwe liedjie en daarna sing ons nog 'n paar ou bekende liedjies saam.
Sy gee ook vanaand die Groei-Goggas se lessie en dit gaan oor Daniel se vriende in die vuuroond.
God was getrou ... Hy het vir hulle die moed gegee om vir Hom op te staan en Hy het vir hulle gesorg. Net so sorg God vandag nog vir sy kinders
Die kinders moet prentjies teken en met verf doen van Daniel en sy vriende en hier is 'n paar van hulle.
Dit is vanaand ook die laaste lessie van Groei-goggas en die maats kry elkeen 'n sertifikaat vir die klaarmaak van die boekie.
Die groep wat aan My Blink ID werk doen vanaand Lawwe Dubbele Idees en die boodskap vir die kinders is dat hulle moet besef dat dit belangrik is om getrou te bly aan hulle ID in Jesus, maak nie saak in wie se geselskap hulle is nie.
No comments:
Post a Comment