Dis maar "stillerig" sonder ons snr tieners vanaand. Meeste van hulle is uit op 'n oornag kayak-kamp waarvan ons binnekort op die blog sal vertel.
Die jnr tieners help egter geesdriftig sodat ons 'n paar nuwe liedjies aanleer.
Ons jonger maats begin met 'n nuwe boekie "Oppad met Jesus" saam met Blink Ben en nadat ons die storie geluister het, maak ons elkeen ons eie karretjie van koekies en lekkers. Daar word ernstig gekonsentreer.
Ons kan nie wag om al daardie lekker soetgoed te eet nie ...
Blink Ben was ontwerp om 'n baie spesiale motor te wees en toe raak hy vuil en vol modder en hy hoor dat hy hom nie self kan skoonmaak nie. Hier maak die maats hom weer mooi blink. Ons lewe is ook vuil van sonde en soos blink Ben het ons ook iemand nodig om die sonde weg te neem ... God het Sy Seun gestuur om ons te help.
Ons ouer maats doen vanaand ID "label" - Ek is vrug en ons hoor hoe ons die vrug van die Gees moet uitleef. Ons versie is Gal 5:25 "Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal."
No comments:
Post a Comment