Alhoewel die jong volwassenes nie by ons jeugbediening inskakel nie, is dit deel van die nuwe bediening o.l.v Elriza Nortje wat so twee maande terug begin het. Met die hitte het die groep besluit om liewers die maanlig te trotseer vir 'n maanlig-kayak uitstappie.
Die kayake reg vir die trip.
Party is bietjie senuwee-agtig want dis hulle eerste keer.
Van ons kindergroepleiers is ook daar en hier is arme Hermien besig om ALLEEN te roei terwyl Corne 'n ruskansie vat :-).
Elriza wat ook met ons tieners werk, hier saam met Stephanie aan die begin van die roei.
'n Foto van die groep met die maan net om te wys dit was regtig 'n maanlig-uitstappie.
Waar die jeug nou afsluit vir die skoolvakansie, is daar baie opwindende dinge vir die jong volwassenes wat voorle waarvan die eerste 'n Worship diens op die 21ste is. Hou maar die spasie dop, ek vertel later meer daarvan.
No comments:
Post a Comment