Die einde van die akademiese jaar hier in die woestyn breek aan en ons sluit af sodat die maats mooi kan leer vir die eksamen en dan lekker 3 maande kan vakansie hou.
Ons sing van ons gunsteling liedjies van die jaar.
Dan begin die fotograwe regstaan vir die oorhandiging van die sertifikate.
Vir elke studie wat voltooi is kry die maats wat dit bygewoon het sertifikate en daar is ook 'n paar kinders wat spesiale vermelding kry vir wat hulle die jaar gedoen het. Almal kry teenwoordigheid sertifikate.
Tannie Heleen met haar klassie en hulle sertifikate.
Daar is geskenkies uitgedeel en hier is die ouer groep met hulle geskenkies.
En toe is daar rondom die eetgoed gekuier dat party sommer siek gevoel het :-)
Ons hoop julle hou sommer lekker vakansie en sien almal van julle weer in September.
Die tieners sluit volgende week af met kegelbal en uiteet en daarvan vertel ek later.
1 comment:
Dis so groot voorreg om met die pragtige kinders te werk en te sien hoe hulle nie net groot word nie maar ook geestelik groei. Dankie maat vir jou puik leierskap.
Post a Comment