Die jaar stap nou einde se kant toe en van die kinders is alreeds besig met eksamen.
Ons sing lekker saam.
Die jonger groepie gebruik vanaand 'n balon vir hul lessie en kombineer dit ook sommer met Liam se verjaarsdag. 'n Verrassings partytjie word vir hom gehou en die tafel is sommer vol lekker eet- en drinkgoed.
Nadat tannie Heleen vertel het van waarmee die lug in die ballon vergelyk kan word en soos watter tipe ballon jy lyk as jy nie jou Bybel lees nie kry almal 'n ballon waarmee hulle 'n mannetjie moet maak.
Party het lang ballone gebruik en ander rondes en hier is 'n paar van die eindprodukte.
Die jnr tieners speel speletjies en oa Armour of God en Bybel-monopolie.
Die snr tieners begin altyd so 'n paar minute na ons so ek kan nie van hulle foto's neem nie (hulle is bly daaroor), maar ek kon darem die kitaaroefen voor die tyd afneem.
No comments:
Post a Comment