Eindelik na 'n lang 3 maande vakansie en breuk kon ons weer bymekaarkom vir groep en hoe lekker was dit nie om al die ou en nuwe gesiggies te sien nie!
Ons het sommer 'n klomp nuwe maatjies gekry wat vanjaar vir die eerste keer skool toe is en hulle het gou-gou saam met ons gesing en gedans.
Met ons tienergroep wat ook uitgebrei het, is daar nou twee groepe wat vir die eerste byeenkoms van die jaar saam met ons gesing het.
Dis altyd lekker vir die jonges en oues om saam te worship en te sien dat almal van ons so lief is vir Hom en dit uit ons harte uit sing.
Die kleintjies sing net 'n paar liedjies saam voordat hulle met hulle groepie begin, maar die tieners het nog 'n liedjie of twee om te sing. Daarna gesels ons oor die volgende maand se aktiwiteite wat onder ander 'n "Gulf Youth" byeenkoms insluit. Ons sien baie uit daarna en van ons tieners sal ook tydens die aand 'n sang/dans vir die ander doen.
Ons kleintjies gaan vanjaar uit die boekie Dapper Stappers leer van die bybelkarakters en vanaand word gebruik om sommer net mekaar en hulle tannie te leer ken.
Daar word hard gewerk aan 'n plekmatjie waarby hulle elk dag kan eet wat se "Lees jou Bybel en Bid elke dag" Ons leer dat as ons bid praat ons met liewe Jesus en as ons bybel lees dan praat Hy met ons.
Van die plekmatjies voordat dit gelamineer is. Die maatjies het ook die liedjie "Lees jou Bybel" geleer en een van die dae laat ons julle daarna luister.
Die middelgroep doen die heerlike praktiese God se Boek van Wereldrekords (Die Bybel) en as inleiding vanaand lees tannie Heleen bietjie ook uit die Guiness Book of World Records voordat hulle self 'n rekordpoging of twee aanpak. Die eerste een is om smarties met tandestokkies te eet - lekker! Die rekord vir die meeste Smarties geeet in 3 minute deur eetstokkies te gebruik word gehou deur 'n meisie van Engeland. Sy het in 2003 'n hele 132 Smarties geeet en in 2005 die rekords verbeter en 170 smarties in 3 minute geeet. Liam wen maar die rekord is baie veilig.
Hulle tweede poging is om jellybeans volgens geure met 'n koeldrankstrooitjie te sorteer en die rekord van 30 jellybeans in 5 kleure sorteer in 3.58 sal ook nog lank veilig wees. Al is die Guinness boek vir wereldrekords een van die topverkopers is daar een boek wat die rekord breek - Die Bybel . Die Guinness is in 37 tale vertaal en die Bybel in 1600!
Die Bybel is God se boek van wereldrekords en hierdie groepe gaan vanjaar kyk na sommige van die wereldrekords wat God opgestel het. En uit hierdie rekords gaan ons Hom beter leer ken en liefkry.
Ons tieners gaan die boek Dare to be a Daniel vanjaar doen en ons praat leer mekaar bietjie ken en praat oor die jaar met sy uitdagings wat voorle.
Die Snr Tienergroep gaan die Chase the Goose studie doen en weer leer en sien hoeveel avonture daar is op die pad saam met God.
'n Jaar propvol avonture vir al ons groepe! Ons bid dat ons leiers en kinders die boodskap sal hoor en kry wat ons Hemelse Vader vir ons elkeen spesiaal vanjaar het.
2 comments:
Hoe geseend is ons nie om so met die jonges te kan werk nie. Vader gee ons wysheid en insig om die regte "saad" te plant
It look like great fun. No photo of the last groups leader?
I love the "fun" I see and I know that for you guys the fun is not the goal but the means to accomplish something you're serious about
Post a Comment