Verlede Maandag het ons jongmense 'n worship diens gehad.
Daar is lekker geworship saam met die orkes waarvan die hoofsangers" al drie Suid-Afrikaners is.
Meer as 50 jongmense en 'n paar oueres het die diens bygewoon. Elriza se boodskap oor Ties of Love was baie geseend. Ons sien uit na die volgende een in Oktober.
Die jong volwassenes het tans twee baie aktiewe selgroepe. Dinsdagaand in die Khalifa area en Woensdagaand in die dorp. Daar is ook twee aktiewe tienergroepe op 'n Maandagaand!
Heelwat aktiwiteite, lekker saamkuier en 'n kamp of drie word beplan, so as jy in die area bly en wil inskakel, kontak ons gerus.
No comments:
Post a Comment