Gisteraand het 'n klompie van ons tieners die UAE jeug byeenkoms wat in Abu Dhabi is bygewoon.
Die klomp moes af vroeg by die kerk wees om te oefen en daarna is daar eers met pizza gekuier tot die byeenkoms begin is.
Ons jonger tieners geniet die saamkuier baie :-).
Net so voor die verrigtinge, Elriza en die klomp maak kringetjie.
Die worship is gelei deur 'n tienerorkes en die boodskap is ook gelewer deur 'n tiener. Daar is lekker saamgesing.
Ons groep waarop ons baie trots was - met hulle gedrag, betrokkeneid en item.
Kyk 'n bietjie na hulle item.
Meer as 200 tieners het die aand bygewoon en dit was 'n baie lekker en geseende aand vir ons kinders.
Ouers onthou Maandagaand is daar nie Kindergroep nie, maar wel die worshipdiens wat 8:00 nm begin. Ons ouers is ook welkom om dit te kom bywoon. Tieners onthou julle doen vanaand weer julle item!
No comments:
Post a Comment