Sunday, October 31, 2010

Leiers doen ‘n jeugberadingskursus

So af en toe is dit ook ons leiers wat moet kursus sodat ons weet hoe om met ons kinders en jongmense te werk. Die afgelope naweek het ons dus 'n jeugberadingskursus gereel en Dr Willem Semmelink van SA laat kom om dit aan te bied.

DSC_0010

'n Paar ander jeugleiers en onderwysers het ook die kursus wat die heel naweek geduur het, bygewoon. Dit was moeilik en uitputtend, maar 'n groot fees en ons het sommer baie geleer.

DSC_0020

Willem is 'n predikant verbonde aan 'n kerk in Pretoria en ook al 35 jaar 'n berader wat ook deur Youth at Heart jeugleiers en onderwysers oplei sodat ons beter met die kinders kan werk en hulle verstaan.

Page1_0

Ons het deur die kinderfases en hulle ontwikkeling gegaan en baie geleer van watter probleme kinders ondervind en hoe hulle daarmee deel en moet deel. 'n Klomp van die sessies is gebruik om "te oefen" hoe om met die kinders te werk.

Page5

So tussen-in was daar ook tyd vir bietjie oefening doen om te ontspan voor die volgende intense sessie. Dit was groot pret.

Page3

Natuurlik was daar geeet en middagetes was 'n geleentheid om bietjie te ontspan en saam met almal te kuier.

Page6

Dag twee moes ons geblinddoek word en almal was bietjie onseker oor wat hulle kon verwag.

Page7

Berading sonder om te sien wie en hoe en leer om net af te sluit van alles anders en op die kind te konsentreer en te luister.

DSC_0074

Dit was nie maklik nie en almal se oe het so bietjie gesukkel om te fokus na die heeltyd in donkerwees.

Page1

Weer 'n tyd van bene en arms reg so tussen die prakties.

Page2

Ons laaste sessie was die praktiese toets waar ons met groot probleme moes beraad en daar is ernstig gesels en geluister.

Ons almal het so baie geleer en daar is 'n wonderlike groepgees onder die klomp ontwikkel. Nou le daar werkstukke voor om te voltooi en dan 'n eksamen.

Dankie julle dit was lekker. Oor 'n maand hou ons reunie :-). Sterkte met julle werkstukke wat einde Januarie moet in wees.

No comments: