Verlede week het ons nie groep gehad nie weens die worship-diens en vanaand was meeste van ons maats weer bymekaar.
Mens kan nou regtig sien hoe hierdie kleuters in die laaste amper twee maande gegroei het en saam met die liedjies kan sing en worship.
Kyk net hoe oulik. Vanaand leer ons kleuters van Josef, die dromer.
Ons luister na sy storie en dan trek ons eers vir Josef sy slaapklere aan en later sy bont kleed.
Ons eetgoed is koekies waarop ons kleurvolle lekkertjies soos Josef se kleed opplak.
Vanaand se les hoor ons dat God sonde regverdig straf maar ook vol genade is teenoor die wat hulle sonde bely.
Vir 'n "fear factor" aktiwiteit eet die kinders suurwurms uit die meel uit. T.J maak seker dat tannie Heleen by die wurms uitkom.
Al ons tieners het vanaand die geleentheid om na dr Willem Semmelink te luister en saam te praat oor hoe ons tieners hier in die buiteland voel en hoe om daarmee te "cope".
Hulle doen ook 'n aktiwiteit waar hulle geblinddoek word en deur maats met aanwysings gewys word waarnatoe om te loop en gaan.
Ons moet so seker wees dat ons tussen al die stemme deur na die regte een, God se stem, luister en doen wat Hy wil he ons moet doen.
No comments:
Post a Comment