Saturday, November 6, 2010

Perdry-kamp

Die afgelope naweek het 'n groepie van ons tieners en jong volwassenes 'n perdry kamp in Dubai gaan bywoon.

Page1

Die meeste van hulle is glad nie bedrewe ruiters nie en daar was maar 'n paar hol kolle op die maag. Hier word hulle verduidelik wat gaan gebeur en maak Elriza ook seker dat die kopskerms mooi vas is van die kinders.

Page2

Glimlaggies toe die eerste groep gereed maak om te vertrek.

Page3

Die juniors gebruik die tyd om saam te kuier en ook die plaasdiere te besoek - die jong volwassenes daag ook nou op.

Page4

Die kamele wat "mak" op die werf rondloop is absoluut dol oor aandag en gebruik die kans vir drukkies en bederf.

Page5

Met die son wat besig is om te sak gaan ons jnr tieners uit op die perde.

Page6

Tente word opgeslaan en reggemaak vir die nag en vir wanneer ons hopelik gaan slaap.

Page7

Hoeveel jong mense het mens nodig om 'n bruin tent op te slaan? Hope! Spanwerk op sy beste.

Page8

Die volwassenes begin ook solank met die kamp- en braaivleis vure.

Page9

Almal hang rond rondom die vure, terwyl paar musiek maak en ander die tjoppie proe om te kyk of dit gaar is :-).

Page10

'n Tekort aan braaiers was daar glad nie.

Die aand is nog jonk en baie dinge kan nog gebeur, so kom kyk na deel 2 ;-).

No comments: