Sunday, November 7, 2010

Ons perdry-kamp nog - deel 2

Na ete was die aand nog jonk en mens moet so half en half voorsiening maak dat die klomp wel op 'n stadium gaan moeg word, dus ........ boeresport tyd.

Page11

Jonk en oud het saamgespeel en daar is lekker "gecrook" en gelag. Ek hoor dat jou tegniek nie heeltemal bo die lyn was nie Corne :-).

Page12

Ruhan het baie te se nadat hy die wurm uit die meel gehaal het terwyl van die spanne nog regmaak vir driebaan-resies.

Page13

Van die laastes om by die eindpunt aan te kom. Dit was groot pret.

So "leen" twee juffrouens ook die sekuriteitsman se fiets terwyl 'n derde een "kywie" hou. Wat 'n voorbeeld vir die kinders :-).

Page14

'n Boodskap en lekker sing rondom die kampvuur.

Die tieners sing.

Page16

Wat is 'n kampvuur sonder marshmallow braai?

Page17

Wonder wat is die grap?

Page18

Van die kamele kom soek nog aandag en cuddles en die volwassenes geniet dit baie. DSC_0251

Singstar om wakker te bly die nag. Niemand van hulle lyk nog vaak nie.

Page19

Volgende oggend vroeg terwyl meeste nog slaap. Eerste op en besig om hulle tent af te slaan is Cindy en Elriza.

Page20

Met die son wat opkom en die volwassenes wat "opwarm" vir hulle perderit is daar darem 'n paar tieners wat begin loer.

Page21

En hier is dit nou die ouer groep wat die sonopkoms rit doen...

Page22

Vol selfvertroue .... of miskien nie heeltemal nie.

DSC_0295

Afsluiting van 'n heerlike kamp met 'n klomp pragtige wonderlike jong mense.

No comments: