Skuus dat ek bietjie laat is met hierdie een.
Vanaand is die tieners ook by en ons sing almal lekker saam.
Verlede week het ons klein mensies gehoor van Josef, sy drome en kleurvolle jas en hierdie week leer ons hoe hy Farao se droom uitle en hy sy broers vergewe.
Ons maak ook mooi krone omdat ons almal liewe Jesus se Koningskinders is.
Ons ouer maats praat oor diere-rekords en hoe mens die gevaartekens wat die Here op ons pad sit om verkeerde dinge te doen, raaksien en gehoorsaam.
Die tieners gesels oor hoe om ander van Jesus te vertel. Ons moet ook "ingeprop" wees soos die lampie om te kan skyn en daarvoor moet ons gereeld ons Bybels lees, bid en God gehoorsaam.
Ons het nie hierdie week 'n foto van ons seniors nie.
No comments:
Post a Comment