Thursday, January 27, 2011

God sorg vir ons in alle omstandighede

Na 'n lang breuk is dit weer tyd vir groep en elke keer na so 'n vakansie is die kinders soveel groter en langer as ons leiers.

DSC_0007

Die snr tieners kom sing vanaad saam met ons en dis altyd lekker om hulle te he.

DSC_0018

Ons kleuters het hulle laaste lessie oor Moses en vanaand luister hulle na die storie toe Moses in die woestyn was. Hulle hoor hoe wonderlik God vir ons sorg.

Page1

Hulle hoor ook dat God Sy volk nooit alleen los nie en dat daar heeltyd 'n wolk voor hulle in die lug was. Hier maak die klompie hulle wolkies.

DSC_0021

Ons middelgroep hoor dat hulle met God se hulp baie kan regkry.

Page2

Hulle speel snippermandjie-survivor en ons leer dat God ons help waar 'n oplossing vir ons onmoonlik lyk.

DSC_0040

Tannie Heleen speel ook saam terwyl TJ dit baie geniet.

DSC_0041

Die jnr tieners preaat vanaand oor maniere waarop ons kan voorberei om aanslae af te weer. Ons hoor van Daniel en hoe hy tyd met God spandeer het en God se Woord goed bestudeer het. Dit het hom gehelp om al die aanvalle te hanteer.

DSC_0042

In groepies bespreek ons die "leeus" wat ons elke dag face en hoe ons kan opstaan vir dit waarin ons glo.

Die tieners het 'n ander les en ons neem nie vanaand foto's by hulle nie.

No comments: