Monday, January 24, 2011

Kuier saam met ander jeugleiers in SA

So 'n week terug het ek, Charmaine en Elriza die aangename voorreg gehad om saam met die jeugleiers van die Ring van Daspoort 'n werkswinkel te doen. Die Ringsjeugkommissie het ons uitgenooi en dit was werklik 'n groot blessing vir ons om met die leiers te kon werk en hulle passie vir ons kinders en jongmense te sien. (Natuurlik het ek honderde foto's geneem en ek plaas nou 'n klomp vir die mense wat die werkswinkel bygewoon het wat 'n bietjie daarna wil loer - julle kan my kontak as julle spesifieke foto's in hulle gewone grote wil he)

Page1

Voor die leiers arriveer word daar hard geoefen aan van die liedjies se bewegings - en nee hulle het nie probeer om die mense skrik te maak nie.

Page2

Die leiers het gou gevat aan die liedjies vir die kinders

Page3

en saam gesing

Page4

en geoefen tydens die worship sessie

Page5

en al die ander geleenthede gedurende die twee dae. Ons het ook van die musiek aan die kerke geskenk om tydens hulle Sondagskool te gebruik. Ons sal graag van julle wil hoor hoe die kinders dit ervaar ...

Page6

Daar is prakties aan lesse ook gewerk en besprekings gedoen hoe om hulpmiddels te gebruik om die boodskap op verskeie maniere by ons kinders oor te dra.

Page7

Die groepe het hard gewerk om 'n aanbieding te maak.

Page8

Nog lofprysing ....

Page9

Van die kinders het ook kom saamsing tydens die laaste sessie.

Page10

En gou-gou die bewegings van die liedjies baasgeraak.

Page11

Na die boodskap moes almal dit uitbeeld voor die lekker-toets.

Page12

Daar is sommer hard aan die "afkyk-notas" gewerk ;-) maar almal het hulle sakkie vol lekkergoed kon maak.

Dankie aan al die leiers vir 'n onvergeetlike tydjie saam met julle. Ons hoop om van julle te hoor en sien uit om te hoor van al die wonderlike dinge wat by julle gebeur. Dankie oo vir die Ringsjeugkommissie olv Willem vir die uitnodiging. Dankie aan ons Hemelse Vader vir die geleentheid om saam met ander te leer hoe om met verskillende maniere U liefde vir ons met met die kinders te kan deel

No comments: