Thursday, May 19, 2011

Ons leer Prakties van Jesus

So in die middel van ons kinders se eksamens hierdie week.


Page1


Ek kyk hierdie week na die kleintjies op ons foto's en sien hoe ongelooflik groot en vol selfvertroue hulle die laaste paar maande geword het.


DSC_0021


Die Dapper Stappers doen hulle laaste lessie vanaand en gewoonlik in SA is dit net so voor Kersfees, maar niks verkeerd om in Mei ook fees te vier oor Jesus se geboorte nie.


Page4


Nadat ons luister na die storie uit ons Bybelboks, kry ons elkeen ook 'n boks wat oorgetrek is soos 'n stal.


Page5


Daar word saagsels in die "stal" gesit met figure en ook plastiese dieretjies en natuurlik 'n groot Ster.


Page2


Die kinders is elkeen verskriklik in hulle skik met hulle eie stal. Kyk net die gesiggies.


Page3


Daar is ook vir elke maatjie 'n geskenkie.


DSC_0022


Die middelgroepie se rekordboek gaan vanand oor moontlik of onmoontlik en hulle luister na die storie van Lasarus.


Page6


Hier word Lasarus toegedraai met toiletpapier. Lasarus was dood, maar is deur die krag van God lewendig gemaak. Toe Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy die mag van die dood oorwin. As ons in Hom glo, sal ons ook vir ewig saam met Hom lewe al gaan ons liggaam dood.


DSC_0023


Die jnr tieners praat oor wat dit beteken om ander te dien en hoe ons dit kan doen. Ons skrif is uit Joh 13:3 - 17 en nadat ons gepraat het oor hoe ons op 'n praktiese manier vir bv ons vriende by die skool kan dien.


Page7


As afsluiting vir ons les "dien ons mekaar" en was ons mekaar se voete.


Ons snr tieners praat vanaand oor die Heilige Gees. Wat dit is, hoe dit in en rondom ons werk.

No comments: