Hierdie week het ek omtrent glad nie foto's kon neem nie want ons lesse het almal redelik te besig gehou om nog foto's te neem. Ek deel egter nog steeds graag met wat in die onderskeie groepies gebeur het.
Die instrumente word weer uitgepak en daar word groot lawaai gemaak terwyl ons "Loof hom met die tromme sing".
Die "lawaai" word deur al die kleintjies en bietjie groter geniet!
Ons kleuters se stap deur die Bybel nader die einde en vanaand leer hulle bietjie meer van Jona wat vergeet het dat jy na God moet luister en hy probeer weghardloop.
Hulle hoor ook dat hulle nie net vir God moet luister nie, maar ook vir pappa en mamma. Die aktiwiteit waar hulle die see maak sorg vir heelwat pret en groot "mors".
Ons middelgroep speel 'n speletjie waar hulle op hul krag moet staat maak en kyk hoe lank hulle kan volhou om hulle balans te hou.
Dis nie so maklik nie en so ook al die uitdagings wat op ons pad kom. Ons moet elke dag die Here vra om ons krag te gee om nie moed op te gee wanneer daar uitdagings kom nie.
Die jnr tieners praat oor hoe ons God se liefde met ander kan deel. Dit is nie net genoeg om te weet dat God vir ons lief is nie. Ons moet Sy liefde ook met ander deel, in woorde en dade. Ons werk deur versies in die Bybel wat ons kan gebruik.
Die seniors praat oor gebed, hoe belangrik dit is en hoekom!
No comments:
Post a Comment