Monday, June 20, 2011

Nog 'n eerste

Hierdie week kon ons ook deel wees van nog 'n eerste .... 'n Afrikaanse "diens" in Ruwais. Dis 'n baie klein dorpie so 240 km+ vanaf Abu Dhabi en nog baie baie local. Van die Suid-Afrikaners daar wou baie graag 'n diens he en vir n geruime tydjie het ons probeer om 'n plek gereel te kry. Anders as in Abu Dhabi, weier hulle om plekke beskikbaar te stel vir enige "kerk". Maar Vader is getrou en nadat ons besluit het om wel af te skop en 'n begin te maak, is die mense wat deel was van die eerste keer in hulle eie blyplek gesit en vanaf September kan ons volstoom "diens" in 'n villa hou!


Page1


Vir die eerste keer het ons sommer in 'n hotelkamer bymekaargekom. Baie versigtig om nie in die moeilikheid te kom nie, is daar eers saggies begin sing, maar hoe later hou harder :-). Daar is sommer lekker gesing voor die boodskap en op versoek agterna is nog 'n klomp liedjies gesing. Ons is opgewonde oor wat Vader vir Ruwais beplan en sien uit daarna om kom September dit eerstehands te ervaar.

No comments: