Met ons laaste worshipdiens van die jaar, het ons ook afskeid geneem van ons Graad 12's.
Soos gewoonlik het Jana en Elriza die worship gelei en daar is lekker saamgesing.
Van ons tieners se ouers en jong volwassenes het ook die laaste "dankie-se" diens bygewoon.
Na die worship moes ons tieners neerskryf waarvoor hulle dankbaar is die jaar. Die grootmense het dit ook gedoen, maar net op 'n sticky papier wat hulle later opgeplak het.
Ons graad 12's het toe vir almal van die briefies gelees.
Na 'n baie spesiale boodskap is daar dan ook afskeid geneem van ons vier matrieks.
Totsiens julle vier!
No comments:
Post a Comment