Nog het die jaar nie klaargemaak nie. Elriza is gevra om die afgelope Vrydag vir die kinders van Al Bahia 'n les oor worship te kom aanbied.
Die les is ingelei met 'n poppekas deur die twee ou tannies :-).
Soos altyd met 'n poppekas het die kinders hulle ingeleef in die storie.
Daarna het Elriza haar les aangebied en het die kinders ook 'n aktiwiteit oor die onderwerp gedoen.
Daar is afgesluit met die leer van 'n nuwe liedjie!
No comments:
Post a Comment