Wednesday, May 9, 2012

Vertel ander van Jesus

Soos gewoonlik het ons kinders dit so geniet om lekker saam te sing en worship.

DSC_0001

Mens moet maar partykeer konsentreer om te sien wat gedoen moet word ;-).

DSC_0005

Dis lekker om te sien hoe die nuwe maats ook so maklik inskakel en dit saam geniet. 
DSC_0011

Ons is geseen deur ses nuwe maats wat kom inskakel het.

Page3

Ons kleintjies het vanaand gehoor dat hulle ook ‘n groot verskil in die wereld kan maak.  Hulle teks het gekom uit Markus 16:15.  Gaan uit in die hele wereld en verkondig die evangelie aan al die mense.  Ons het geleer dat God nie net vir ons die opdrag gee nie, maar ook alles wat ons nodig het om die werk te doen:  “’n hart wat skoongewas is van die sonde, Hy gee ons mekaar, hy is altyd daar as ons met Hom wil gesels (soos ‘n selfoon) :-) en Hy gee ons Sy Heilige Gees.  Die belangrikste van alles is, Hy gee ons die Bybel wt Sy boek vol instruksies is. 

Ek vra omverskoning dat ons hierdie week geen foto's van die middelgroep en hulle les het nie.

Page4

Die junior tieners het vanaand hulle laaste les gedoen in 'n nuwe reeks oor "Ons is Alien Christene" en die les het gegaan oor take-me-to-your-leader.  Wat ons partykeer gebruik as rede om nie ander van God te vertel nie en hoe dit nie regtig 'n rede is nie.  Die idee van hierdie week was "Come with me,  you will see, Jesus is the one you need"  
Page1

Ons tieners het met die tweede volume van Flyte begin hierdie week en die les is "What is God's plan for the World" - To know, worship and glorify Him.  Vir hulle aktiwiteit moes hulle 'n konstruksie bou met die materiaal wat Elriza vir hulle gee en dit het nogal 'n tydjie geneem :-).  
Page2

Die skrif vir hierdie les was in Johannes 6:39-40 & Psalm 96:1-13.  Almal moet van Jesus hoor en God wil he ons moet uitgaan en mense van Hom vertel, dat ons hom kan ken en worship.  Dit is so 'n belangrike boodskap en ons het agterna gesien dat dit 'n boodskap is wat God wil he ons kinders moet ken ~ sonder lesse koordineer, het al ons groepe van klein tot groot, in verskillende boekies en reekse, hierdie week dieselfde boodskap gehad.

1 comment:

Charmaine said...

Groot voorreg om met die bediening te help