Met die vakansie en eksamen wat voorle, was dit maar moeilik om 'n regte dag te kry om af te sluit omdat die kinders se programme so vol is. Alhoewel baie van ons maats nie beskikbaar was nie, is ons bly oor elke kind en ouers wat bygewoon het om vir almal en Vader dankie te se oor die jaar wat verby is.
Die kleuters was so 'n lekker groot groepe kinders, wat nie net fisies nie, maar ook geestelik soveel gegroei het in die jaar. Dankie vir julle getroue bywoning en ook vir tannie Charmaine vir al haar harde werk met die groepie.
Ons middelgroepie het hulle getalle verdubbel vanjaar en alhoewel dit nog altyd oorwegend net seuntjies was, is ons bly oor die dogters wat ook vanjaar bygekom het. Hierdie twee TJ en Francois het uitstekende bywoning gehad. Dankie tannie Heleen vir al jou harde werk en voorbereiding met die groepie.
Die junior tieners het ook vanjaar gegroei en die paar by die afsluiting was so getrou in hulle bywoning. Ons het vanjaar 'n splinternuwe boek getoets nog voor dit geprint is, en het die lessies baie geniet. Dankie julle vir 'n wonderlike jaar.
Ons tieners het die afsluitingsfunksie baie goed ondersteun en ons is so trots op hierdie oulike groep jongmense.
Dankie vir julle en die voorbeeld wat julle vir die ander kinders stel en ook dankie vir jou Elriza vir die leiding wat jy in die groep neem.
Die aand is afgesluit met 'n kort geseende boodskap deur Elriza.
Geniet julle vakansie, reis veilig, onthou wat ons alles geleer het vanjar EN sien julle almal weer in September!
No comments:
Post a Comment