Ons heel klein gogga’tjies doen hulle eerste amptelike lessie en hulle doen so goed. Vanaand doen hulle en die ouer kleuters die evangelie d.m.v die verskillende kleure
Nadat hulle hulle handwerk en eetgoedjies gekry het, is dit tyd vir huistoe gaan, maar nie voordat hulle vir die ouers vertel wat hulle geleer het Ine :-)
DIe groepe maak hulle handwerk item wat ‘n inkopiesak is en dan gaan hulle winkel toe om dmv gekleurde lekkergoed te leer. Goud laat ons dink aan die Koning van alle konings, God
Swart aan sonde, rooi aan God se liefde vir ons, wit dat Jesus vir ons sonde gesterf het, groen dat ons groei in God se Woord en blou die hemel.
Ons soldate leer van die twee koninkryke, duisternis en lig en kies om vir die koninkryk van die lig te veg. In Johannes 8:12 se Jesus “Ek is die lig van die wereld, Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig he wat lewe gee”
Ons jong tieners se les gaan vanaand oor hoe om met God te praat sonder dat jy hoef te kommer oor wat behalwe om dit net te geniet.
Vir “huiswerk” moet hulle die “Lord’s Prayer” in hulle eie woorde skryf sodat dit van toepassing is op hulle lewe.
Ons tieners behandel die emosies en met die speletjie gee hul uiting aan verskillendes, soos bang, skrik, pret, gil, ens.
Die emosie “woede” word besprek en hul hoor wat is die verskil van hoe die wereld woede hanteer teenwoor wat die Bybel se.
Tieners onthou eerskomende Donderdagaand is julle “social”
No comments:
Post a Comment