Na ‘n laaaang somerbreuk skop ons af met die nuwe skooljaar en ons eerste “informele” groepbyeenkoms. Nog nie almal is terug nie, maar dis lekker om die kinders weer te sien en hulle lyk net so bly ;-).
Altyd lekker om ou liedjies wat ons ken so uit volle bors te sing, en die nuwes val gou-gou in.
Ons heel kleintjies het vanjaar hulle eie groepie o.l.v ‘n “nuwe” tannie Hanri. Ons sien uit daarna om te sien hoe die “goggas” ook vanjaar gaan groei in hulle kennis van die Bybel en om meer van God te leer.
Die ouer “goggas” maak hulle eie teenwoordigheid gogga en sit dit in die tuin om te wys hulle is daar.
Hulle gaan vanjaar aan die goggas boek werk en vir die inleiding plak hulle die gogga met versiersuiker en m&m’s. Dit verg baie konsentrasie want daar kan nie eers opgekyk word vir die kamera nie.
Ek is nuuskierig vir hierdie groepie om met hulle lessies oor Efesiers te begin, maar vir inleiding het tannie Heleen ‘n vingerpop les vandag.
Ons jong tieners speel speletjies en dan kry hulle kans om bietjie oor die lesse vir die jaar te gesels en bietjie te begin “bond” met hulle nuwe groepleier Rikus … een van ons ou tieners van die groep.
Die tieners wat in Namibia was, begin die aand deur die speletjies wat hule daar gespeel het met hul maats te deel en dis groot pret.
Hulle het heelwat bespreking ook oor die jaar se program ens. en ons sien uit na wat hier alles aan die uitbroei is :-)
Welkom aan ons 5 nuwe maats en 2 groepleiers!
No comments:
Post a Comment