Thursday, October 4, 2012

God praat met ons op verskillende maniere

'n Week waar daar nou nie juis kans was vir foto's neem nie, maar dit beteken nie dat daar nie wonderlike lessies geleer en worship gedoen is nie.  
DSC_0048

Ons gogga'tjies leer van ons Wonderlike God en wat Hy alles gemaak het.  
DSC_0050

Ons leer dat God orals is en dat Hy alles weet wat ons doen en Hy kan ons altyd hoor. Ons soldate hoor van die gordel van Waarheid.  
Page1

Hoe die Romeinse soldate dit gedra het, en hoe ons aan die Here kan "vasbind" met die waarheid.  
Page2

Ons jong tieners doen 'n les hoe om na God se stem te luister en nie bang te wees daarvoor nie.  


Page4

Die tieners praat vanaand oor "vrese" en verskillende fobies.  In die speletjie moet hulle raai wat die ander een se fobie is.   
Page5

Daarna bespreek ons mekaar se vrese en wat die Bybel rondom dit se.  Hoe ons na God toe moet gaan met al ons kommer en vrese.   
Page3

Daar is ook tyd vir die tieners om vir hulle leier 'n boodskap van ondersteuning te stuur.  Sy is in SA vir 'n konferensie.




No comments: