Ons "eerste" vol maand van kinder- en jeuggroep skop af.
En soos altyd word die worship deur klein, groot, oud en jonk geniet.
Ons klein goggas luister vanaand na die storie van Jona en die vis en praat oor ongehoorsaamheid.
Die manne is baie trots op hulle prentjies na die tyd.
Ons ander goggas doen dieselfde les en hulle is vreeslik opgewonde oor die storie. Toe ek kom foto's neem, is elkeen so gretig om die storie vir my oor te vertel.
Hulle werk hard aan hulle visse saam met van die mammas.
Die klomp leer dat die sonde en gevolge van sonde kan wees en dat hulle Jesus moet kies om hulle sonde weg te neem.
Ons soldate leer vanaand van die borsharnas van vrypraak en dat ons ons hart moet beskerm want God spreek ons vry.
Hulle werk ook hard aan hulle soldaat se borsharnas. Ons moet ons borsharnas aantrek wat God ons gegee het, sodat dit ons teen die aanvalle van Satan kan beskerm.
Ons junior tieners praat vanaand oor hoekom ons nie altyd van God kan hoor nie, en hoe om die waks uit ons ore te kry sodat ons kan hoor :-)
Depressie is die onderwerp van ons ouer tieners. Hoe sien hulle depressie en wat dit is, hoe sien die wereld dit en wat se die Bybel daaroor.
(Meer foto's van die tieners is op hulle faceboek blad te sien)
No comments:
Post a Comment