Dis ampertjies tyd vir ons Kerskonsert en daar word hard voorberei.
Ons kleintjies maak vanaand hulle eie klokkies wat hulle gaan lui en die ouers help net so lekker saam.
Kyk net hoe hard word daar gekonsentreer.
Vanjaar is die "engeltjies" "sterretjies" wat hulle self gemaak het. Dit word aangepas en almal is vol van die glitter, die mammas ook :-).
Ons tieners oefen hulle deel van die Kersspel met van die dekor vanaand.
Die kamele het ook iets te se. Volgende week is dit sulke tyd en ek hoop almal onthou hulle woorde
:-).
No comments:
Post a Comment