Ek kry ongelukkig nie vanaand tyd om by almal te gaan foto's neem nie, maar hier is 'n paar wat ek wel kon neem.
Dit is altyd so lekker om die kinders se glimlaggies te sien wanneer daar met "alles" :-) geworship word.
Ons heel kleintjies konsentreer en luister baie mooi terwyl die tannie vir hulle leer en laat aktiwiteite doen.
Ons jonges leer nog steeds van die wereld van die Bybel en vanaand gesels hulle oor beroepe in die Bybel en speletjies wat gespeel is.
Die middelgroep begin met hulle studie oor die Tabernakel en vanaand se les gaan oor hoe God in Sy groot liefde kies om sy woonplek tussen mense te maak en dat God in ons wil woon.
Die preteens praat vanaand oor Peer Pressure. Ons gesels oor die verskil tussen groepsdruk en boelie en wat presies is groepsdruk. Ons vers vir die les kom uit Psalm 91:11. Daar word afgesluit met 'n groepsbespreking oor verskillende situasies waarin ons ons kan bevind.
Die tieners se bespreking gaan oor respek, wat is dit en hoekom moet ons mense respekteer.
Die leiers gee terugvoering oor die besprekings. Die skrif kom vandag uit Fillepense 2:3-11
Daar is ook 'n geleentheid vir die tieners om mekaar se voete te was
Respek is die manier hoe jy ander behandel. Dit is nie maklik om te gee nie, maar dit is beslis die moeite werd. God wil he dat ons met ander moet saamwerk.
No comments:
Post a Comment