Monday, January 21, 2013

Ons tieners het pret

Ons tieners is altyd reg vir pret ....  
DSC_0262

Ons stel onsself voor aan die nuwe maats en word dan in groepe ingedeel.  Dit is nou nadat ons elkeen vinnig 'n roomys moes eet en 'n bottel water moet leegmaak. 
 
Page1
Een van die speletjies wat heelwat skill nodig het, was om soveel moontlik dobbelsteentjies om die roomysstokie te pak in een minute.  Duidelik is daar 'n paar van ons maats wat dit sommer maklik regkry. 
 
Page2
 
Dit lyk maklik ne ... 
 
Page3
 
Om waterbottels met sand binne-in om te slaan met 'n tennisbal in 'n kous mag maklik klink, maar om dit sonder mens se hande te doen is nie maklik nie.  En daar is net 1 minuut vir 8 bottels. 
 
Page4
 
Maar ook hier is daar 'n paar tieners wat die kuns maklik bemeester.
Page5
 
Die tafeltennisballe in die tissueboks sorg vir heelwat pret.  Dit word om hulle lyf vasgemaak en dan moet hulle dit uitskud in een minuut. 

Page6

Allerhande aksies word probeer om te kyk wie die meeste tafeltennisballe kan uitskud.

Page7

Dit raak nie makliker nie :-). 

Page8

Die aand hardloop uit voordat ons by die ander speletjies kom, maar daar is wenners in die verskillende speletjies en 'n wenspan word aangewys.  
DSC_0362

'n Lekker aand met wonderlike jongmense!

No comments: