Wednesday, January 9, 2013

Ontdek, hersien en beplan

Lekker om terug te wees na 'n lang breuk oor die Kersvakansie ...  

Page1
Daar word lekker saamgesing deur klein en groot.
Page5
Ons kleuter en junior groep doen vanaand die wereld van die Bybel en hulle leer oa van die klere wat die mense in die Bybelse tyd gedra het.  Die klein kleuters het duidelik 'n fees met hulle bybelpapierpoppe.
Page4
Daar word ook gesels oor Bybelkosse en lekker "piekniek" gehou.
Page3
 
Die lessie leer en laat die kinders die wereld van die Bybel ontdek sodat die inhoud vir hulle meer verstaanbaar kan wees, en hulle het dit beslis geniet. 
DSC_0232
 
Ons middelgroep het klaargemaak met hulle studie oor Soldate vir Christus en hersien vanaand met die Armor of God speletjie. 
 
DSC_0234
 
Die preteens het vanaand 'n bespreking wat Rikus vir hulle aanbied en ons groet hom ook vanaand.  Hy het vir 'n tydjie kom uithelp met die preteens en ons wil net dankie se vir sy hulp hier!  Dit was vir ons lekker om 'n ou-kindergroep lid terug te kry as 'n leier, al was dit ook net 'n klein tydjie.  Dankie Rikus! 
DSC_0256
 
Die tieners gebruik vanaand om bietjie deur die hoogtepunte van die volgende paar maande te gaan en dit te dagboek.  Goed soos ons socials, jeugdag, talentkonsert, formele dans en ons uitreik vanjaar.
 
DSC_0250
 
Daar word ook vir leiers deur die tieners en preteens gestem en ons is baie trots op ons vier leiers wat vanjaar 'n groot hulp in die groep gaan wees.  Baie geluk Daleen met jou verkiesing as ons Hooftiener-leier en Danielle, Claudia en Chanel wat haar gaan help!!

No comments: