Sunday, September 15, 2013

Ons begin die nuwe jaar


En hoe lekker was dit nie om almal na 3 maande weer te sien ....  
Page1
Almal wat terug is, die ou maatjies wat na 'n jaar weer terug is en 'n hele klompie nuwe maats.  Almal het lekker saamgesing.
DSC_0785a

Ek wil nog foto'tjies neem van al ons nuwe maats vanjaar, maar 'n spesiale vermelding moet Andre wees :-). Een van ons ou tieners wie ons verlede jaar gegroet het, gaan 'n bietjie uithelp totdat hy moet universiteit toe. Ons is trots op hierdie jongman.

Page2
Elriza vertel vir die kinders wat ons tema vir die jaar is.  Ons steek kersies aan en dan word die ligte afgesit. sleutelvers vir die jaar kom uit Matteus 5:14-16.  Elke week gaan ons meer leer van Jesus en hoe ons vir Hom moet lewe sodat ons lig kan skyn.  Ons gaan vanjaar ons liggies orals skyn en saam met dit ook elke week leer van plekke waar mense nog nie van Jesus gehoor het nie sodat ons vir hulle kan bid.  Ons gaan ook bid vir ander Christene in daardie lande.



DSC_0780
Die kinders moes aantrek in die land/plek wat hulle die vakansie besoek het se klere.  Hierdie vier wys duidelik waar hulle was :-) en die mamma's het ook lekker cupcakes gebak.  Dankie Adele en Pollie hiervoor!
Page4
Ons kleintjies se groepie was sommer vol nuwe maatjies. Hulle leer mekaar se name en dan vertel tannie Hanrie van die wurmpies in die tuin en hoe kindertjies groei in Jesus se tuin.  Sy vertel wat hulle in die jaar gaan maak en toe maak hulle elkeen 'n wikkel wurmpie.
Page3

Tannie Charmaine se groepie hoor wat hulle die jaar gedoen en hulle praat oor wie Jesus is.  John 14:6 "ek is die waarheid, die weg en die lewe.  Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie"  Hulle hoor ook hoe die profete Jesus se werk en lewe voorspel het en hoe dit in Matt en Lukas in die nuwe testament waar geword het.
DSC_0758
Ons ouer maats hoor ook wie Jesus is en dat Hy terselfder tyd God en mens is.  Hulle het die voorbeeld van water en ys, dit bly dieselfde net in 'n ander vorm.  Tannie Heleen neem foto's vir hulle paspoorte en hulle hoor ook dat elkeen van hulle uniek is en dat daar niemand anders is wat dieselfde is nie en ook ooit sal wees nie.


DSC_0782
Ons tieners gesels bietjie oor die vakansie en Zambia trip en wat alles voorle vir die nuwe jaar.  Daarna vertel Elriza vir hulle wat ons van ons leiers verwag, en die klomp stem vir die jaar se nuwe leiers.

DSC_0776

Baie geluk aan ons Jolene, Daleen (ons hoof leidster), Rolien en in sy afwesigheid Marnus met julle verkiesing!




No comments: