Tuesday, November 5, 2013

Ons is dankbaar vir alles wat Jesus gemaak het!

Novembermaand is ons besige maand.  Die skole sluit vroeg in Desember en ons maak gereed vir ons jaarlikse Kersspel.  
Page2
Ons begin soos gewoonlik met ons saamsing voordat ons na die groepe toe gaan. 

Page1
Die kleintjies se lessie is "God het bome gemaak" en in tannie Hanrie se afwesigheid, help tannie Adri vanaand by die kleintjies.  Wikkelwurm vertel vir hulle van bome en hoe God verskillende soorte bome gemaak het.  Hulle maak ook lekkergoed boompies.

Page3 
Ons leer 'n versie oor bome en hoe om vir God dankie te se daarvoor.

Page4
Die ouer maatjies leer van vier gelykenisse wat Jesus vertel het.  Hulle kry ook saaitjies om te saai wat hulle moet versorg.  Die land waarvoor hulle bid vanaand en meer van leer is Rwanda.

Die groter kinders doen vanaand die rolindeling vir die Kersspel en dit gee ons kans om sommer 'n paar groep foto's van die kleintjies en jongeres te neem.


DSC_0208
Ons wurmpies

DSC_0220

Die goggas en jinne hulle word groter by die week.

DSC_0234
So dankbaar dat die groep ook nou groei en dat daar 'n paar maats is.
DSC_0227
Van die preteens en tiener  :-)

1 comment:

Charmaine said...

Jy doen vir ons 'n ongeloofloke ding om so boek te hou van alles en die pragtige fotos te plaas. Dankie vir jou toewyding en diens. Dis onskatbaar waardevol. Ons waardeer jou!!!