Tuesday, November 12, 2013

Ons moet wat God vir ons gee, versorg en oppas


Ons oefen vanaand van die liedjies wat met ons Kersspel gesing gaan word.
Page1
Almal sing lekker saam!
Page3

Ons wurmpies hoor en leer vanaand dat God plante gemaak het en dat ons dit moet waardeer.  Hulle maak 'n lekker blom suigstokkie om te eet.
Page4

Dan kry elkeen kans om 'n blomplantjie te plant wat hulle moet huis toe neem en versorg.
DSC_0360

Is hulle nie te oulik nie? :-)

Page2

Ons goggas kyk na hulle lessie uit die Jesus fliek en met ballonne leer hulle hul versie vir die aand.

Page1_0

Daar word ook so 'n bietjie partytjie gehou want hulle tannie verjaar more :-).  Al die maatjies het vir haar blomme gebring en daar is lekker koek gebak.
Page5

Die middelgroep vang ook op met les 5 van die Jesus fliek en daarna doen hulle 'n kers-aktiwiteit saam.
DSC_0323

Van die tieners aan die oefen vir die kersspel op die 25ste.

No comments: