Monday, November 18, 2013

Ons kuier saam met die mense van Logos boot

Met die Logos boot wat weer hier in Abu Dhabi kom kuier, het ons die geleentheid gebruik om die Suid-Afrikaners op die boot uit te nooi vir 'n lekker SA braai.
Page2

Ons het lekker gekuier met alles wat Suid-Afrikaans is en terwyl ons vir vleis wag, is daar behoorlik gesmul aan die biltong.  Gevolg deur lekker braaivleis en nagereg van melktert en koeksisters.
DSC_0032

Hierdie mense doen so 'n ongelooflike werk by al die plekke waar die boot vasmeer en dit was lekker om hulle ook 'n bietjie te bederf

No comments: