Thursday, December 26, 2013

Ou Kersaand in die woestyn

Nie die ideale weerstoestande vir die woestyn nie en alhoewel ons bietjie gewik en geweeg het of ons ondanks die sandstorm voorgaan, het ons wel besluit om te gaan.  

DSC_0048

'n Mooi klompie mense het opgedaag en ons almal het gehoop dat die wind en sand op 'n stadium sal gaan le.
DSC_0070

Maar hoe later dit geword het, hoe meer het die wind en sand gewaai.

DSC_0056

Mens kan die sandkorrels selfs op die kamera lens sien.
DSC_0084

Maar die mense wat deurgedruk het, het lekker saamgesing en luister na die Kersboodskap.
DSC_0087

Onder moeilike omstandighede en monde vol sand, het ons worship span nogsteeds uitstekend gedoen met die sanglei.



No comments: