Wednesday, January 8, 2014

Ons God kan baie doen


Na 'n kort vakansiebreuk is ons weer terug by die Kinder- en Jeuggroep.
DSC_0001

Vanaand kry ons hulle ampertjies nie stil nie want almal het iets te vertel van die vakansie en daar word lekker saamgesing.

DSC_0008

Ons kleintjies se lessie vanaand gaan dat God het visse gemaak, en ons luister mooi terwyl tannie Hanrie 'n storie vertel.
Page1
Dan werk hulle hard om almal vissie te maak.

Page2

Baie trots op hulle vissies wat hulle gemaak het.
DSC_0069

Nog 'n nuwe maatjie in die groep vanaand en hierdie wurmpies se groep is besig om te groei!  Baie verspot met die neem van die foto :-).
DSC_0016
Ons ouer maatjies kyk weer 'n lessie van die Jesus kinderfliek en vanaand se lesse gaan oor Jesus se ongelooflike krag en hoe Hy dit gewys het deur onder ander die storm stil te maak.  

Page3

Ons hoor ook hoe Jesus vir baie mense kos gegee het met vyf broodjies en twee vissies en as aktiwiteit moet hulle kyk hoeveel stukkies hulle uit twee broodjies kan kry.   
Page5

En hierdie klompie het hard probeer glo my, dit was 'n baie ernstige aktiwiteit vir hulle :-). 

Page6
Ons ouer maats se lessie vanaand gaan oor Jesus wat Sy disipels leer en die storie van die Saaier wat in verskillende grond gesaai het.  

DSC_0013
Die tieners het ook hulle les, praatjie en gesels oor dieselfde onderwerp en maak dit van toepassing op hulle allerdaagse lewe.




No comments: