Wednesday, January 15, 2014

'n God van Wonderwerke

In lekker koue weer, iets wat nie baie hier gebeur nie, het ons groep vanaand.
Page1
Kinders worship en anders as gewoonlik is daar kleintjies wat warm aangetrek is :-).

DSC_0019

Tannie Hanrie is 'n bietjie op vakansie en tannie Adri en tannie Sue Ann help 'n bietjie uit.

Page4

Vanaand leer ons dat God het troeteldiere en plaasdiere gemaak en ons verf perdjies en maak skapies.

Page5

Maar die versoeking om van die materiaal (springmielies) en gom (versiersuiker) te proe is baie groot en hulle probeer dit almal so ongemerk doen :-).
DSC_0066

Ek weet nie hoeveel handwerk huistoe gegaan het, of opgeeet is voor hulle die klaskamer verlaat het nie.
DSC_0023

In die ouer groepie vertel tannie Charmaine vanaand vir hulle oor hoe God vir mense omgegee het, vir almal nie net sekeres nie.

Page6

Ons maak "Care" boekmerkies.
Page2

Daarna om te wys hoe ons harde woorde maatjies kan seer maak en sagte woorde nie, moet ons eers 'n koekie met harde botter probeer smeer en daarna sagte botter.  

Page3

Ons middelgroep is vandag op 'n stadium buite en ek kry nie kans om foto's te neem nie, hulle praat oor Jesus wat tussen die mense inbeweeg het en so baie wonderwerke gedoen het.

DSC_0033

Die junior tieners het hul praatjie oor Jesus se Wonderwerke en speel dan 'n Bybel speletjie.  Ek het glad nie by ons snr tieners uitgekom nie, maar hulle onderwerp was dieselfde vanaand.

No comments: