Wednesday, February 12, 2014

Familie-fees


In Januarie het die Oasis Kindergroep en die Afrikaanse Kerk bymekaargekom en besluit om vanjaar baie nouer met mekaar saam te werk en mekaar se aktiwiteite te ondersteun.  Ons Kinder- en Jeuggroep het ons maandelikse Jeugdiens geskuif om saam met die kerk se verjaarsdagvierings te val en almal te deel in 'n groot Familie-fees.  
Page1
Almal was baie ywerig om saam te werk om die tafels, blomme, kos ens. reg te kry vir die aand.  

Page2

Doxa Deo van Suid-Afrika het die lofsang en boodskap gelei en dit was baie geseend.  
Page4

Daarna is daar lekker geeet aan die bobotie en rys.  
Page5

So baie van ons ouers was daar en almal het lekker saamgekuier. 
Page6

Vir nagereg was dit soos om by die huis te wees en mens het moeilik tussen die melktert, pepperminttert, hertzoggies, jamtertjies, koeksisters en ander kon kies. 

'n Baie geseende aand vir almal gewees.  Dankie vir al ons ouers en kinders wat deel heervan was!


No comments: