Wednesday, February 19, 2014

God het Sy Seun vir ons gestuur


Nog nuwe maats sluit vanaand by ons aan en ons wil welkom se aan hulle en die ouers.  Ons hoop dat julle nog baie lekker saam met ons gaan kuier en leer van Jesus!  
Page1

Soos gewoonlik begin ons met lekker sang en worship.   Ons nuwe maats sing net so lekker saam.

Page5

Die gogga'tjies begin vanaand met hulle nuwe boekie en gesels weer hoe mooi en wonderlik God die wereld gemaak het en dat Hy nadat ons dit deur sonde verander het, God Sy Seun gestuur het om die wereld te kom red.  
DSC_0033

Die gogga's se tannie Hanrie is terug van vakansie en omdat sy more verjaar, hou hulle sommer partytjie na die lessie ook.  Baie geluk met jou verjaarsdaga Hanrie en dankie vir wat jy vir ons klein gogga's doen.  

Page3
Ons deel van die Jesus fliek vanaand gaan oor die kruisiging en daar word ernstige besprekings gehou deur die groepie. 
Page4

Hulle maak hul aktiwiteite om die lessie makliker te onthou.   

DSC_0021

Die middelgroepie praat en leer vanaand van hoe van Jesus se getroue volgelinge hom verloon het.   
Page6_0

Die tieners praat en bespreek vanaand die Barmhartige samaritaan en heelwat interessante onderwerpe vloei hieruit.  Hulle praat ook oor hoe mens dit vandag in ons allerdaagse lewe en verhoudings kan toepas. 


No comments: