Wednesday, February 26, 2014

God is daar vir ons elke dag

Die groot en ouer kinders begin vanaand direk met die voorbereiding van ons Paasspel voor hul lessie en die kleintjies kry kan om op hulle eie te sing en worship.
Page5
Julle kan net op die foto's sien hoe hulle dit geniet het!
Page3

Die gogga's se lessie gaan vanaand oor Jesus wat siek mense vandag nog kan help en dat ons moet bid vir siek mense.
Page4

Tannie Hanrie bederf elkeen met sy eie noodhulptassie en toe word daar darem gespeel en siek mense gesond gemaak dat die stof so staan.  Duidelik 'n klomp toekomstige dokters in hierdie groepie :-).

Page6_0

Die goggas leer/hoor dat Jesus uit die graf opgestaan het.  Hulle sien dit in ons deel van die Jesus fliek en daarna praat hulle ook in die groep daaroor.

Page7

Daana maak hulle lee grafte om ons net weer daaraan te herinner wat Jesus vir ons gedoen het.  

DSC_0114

Die middelgroep praat oor Jesus se kruisiging vanaand en hoe Hy vir ons sonde gesterf het.  
Page2

Die tieners bespreek vanaand verhoudings, die keuses wat ons maak en wat die Bybel daarvan se.



No comments: